top of page
Search

Oes - Jaar Vir PBI

  • Writer: Christo Gawie
    Christo Gawie
  • Jun 14, 2021
  • 2 min read

GEORGE | Man 14 Junie 2021 | 16h15


Die groen trein van die PBI(Plaaslike besorgde Inwoners) in George is steeds volstoom voor die verkiesing wat later vanjaar op 27 Oktober plaasvind.


Dit nadat nóg 'n prominente gemeenskaps figuur by die 'groen familie' ,PBI aangesluit het.Die PBI het dit onlangs bekendgemaak in 'n publieke Facebook inskrywing.


" Eerstens , welkom terug in u tuisdorp, Cde Roseline Tait Tiler. Tweedens, hartlike welkom by die party vir alle mense, die PBI.Voorwaar 'n voortreflike en doelgerigte vrou, met talle prestasies in haar lang en suksesvolle onderwys en politieke loopbaan. Sy't pas afgetree as Direkteur van Menslike hulpbron ontwikkeling by die Noord Kaapse onderwys dept. Sy was oa Cosatu visie President: geslags gelykheid, Trustee lid van Sadtu by die Suider Afrikaanse onderwys vereniging (bestaande uit alle Suider Afrikaanse lande).

Lid van die sentrale uitvoerende komitee van Cosatu en lid van Cosatu komitee vir geslags gelykheid. Onder voorsitter van die nasionale onderwys raad vir arbeids verhoudinge. Lid van Provinsiale uitvoerende komitee van die ANC Noord Kaap,asook Voorsitter: Vroueliga van die ANC- Francis Baard streek. Sy het aangesluit by PBI Pacaltsdorp tak om haar ervaring en kundigheid oor te dra aan veral vroue in George en die Garden Route. Ons ontvan u met ope arms in die PBI familie en wens u n lang en suksesvolle lidmaatskap met die PBI. Nogmals welkom by die Agents of Change!! "


PBI leier Virgill Gericke, is vasberade in die verandering wat die PBI kan bring.Hy sê " ons het gewerk en na elke werk moet daar beloning wees.Mense oral sê ons dat baie groot partye reeds van hulle vergeet het.Die PBI is nie 'n come and go party nie.Ons is hier om te bly juis deur ons erns om mense se behoeftes aan te spreek.Hierdie jaar is 'n groot oes-jaar vir ons.Mense op verskeie vlakke is reeds ge-oes en ons verwag om nog meer te oes "


Gericke is bekend in gemeenskappe regoor George vir sy onmiddelikke betrokkenheid en ingryping by haglike omstandighede waarin gemeenskappe hulle bevind.


Op foto verskyn Gericke en verwelkom Tait Tiler.


Foto : Facebook



 
 
 

Recent Posts

See All
Wes-Kaapse Covid19 getalle klim

GEORGE | MAN, 14 JUNIE 2021 | 20H08 Die aantal aktiewe gevalle van Covid-19 in die Wes-Kaap het tot agtduisend-37 gestyg. Die provinsie...

 
 
 

コメント


Post: Blog2_Post
bottom of page