top of page
Search

Jongste nuus om 8nm | Vry 21 Mei 2021

  • Writer: Christo Gawie
    Christo Gawie
  • May 21, 2021
  • 2 min read

Dis reeds 8hr gewees goeie naand.Ek wys jou graag die dag se belangrikste nuusgebeure mbv sabc nuus.


# Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê daar word gepoog om die vyandige verhouding tussen die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat en die polisiediens te herstel. Cele sê dit is belangrik dat die verhouding tussen die twee entiteite verbeter.


# Die gewese kabinetsminister Malusi Gigaba het bewerings deur sy vervreemde vrou, Noma Gigaba, ontken dat hy die Gupta-woning in Saxonwold meer as twintig keer besoek het. Gigaba sê hy onthou wel dat hy die kantore van die Guptas se onderneming Sahara Computers in Johannesburg ‘n aantal kere besoek het om uitnodigings af te haal. Hy hou vol dat hy slegs sosiale en kulturele bande met die Guptas gehad het, maar geen sake met hulle gedoen het nie. Gigaba getuig voor die staatskapingskommissie in Johannesburg.


# Botsings het weer in Jerusalem uitgebreek tussen Palestynse aanbidders en die Israelse polisie by die Al-Aqsa-moskee. Dit volg slegs enkele ure nadat Israel en Hamas oor ‘n skietstilstand ooreengekom het. Beide die partye het die skietstilstand as ‘n oorwinning in die Midde-Oosterse konflik voorgehou. Sowat 230 Palestyne is die afgelope 11 dae in Israeliese lugaanvalle dood, terwyl 12 mense in Israel dood is weens vuurpyle wat deur Hamas afgevuur is. Israel se eerste minister, Benjamin Neganyahu, sê die militêre operasie teen Hamas was ‘n reuse sukses en dat die land sy doelwitte bereik het.


Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, het Helman Mkalele as sy tweede assistent aangestel. Mkhalele is tans die afrigter van die nasionale onder 20-span, die Amajita. Die 51-jarige Mkhalele het vroeër vir Orlando Pirates gespeel en het in 66 wedstryde vir Bafana Bafana gespeel, waarin hy agt doele aangeteken het. Hy was onder meer lid van die span wat in 1996 die Afrikanasiesbeker gewen het.


***Einde mbv sabc nuus ***

 
 
 

Recent Posts

See All
Wes-Kaapse Covid19 getalle klim

GEORGE | MAN, 14 JUNIE 2021 | 20H08 Die aantal aktiewe gevalle van Covid-19 in die Wes-Kaap het tot agtduisend-37 gestyg. Die provinsie...

 
 
 

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page